Skip to main content

Anderkant die water

by Dr. Ronel du Plessis

Paperback272 pages2026

Anderkant die water

R299

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.

About this book

Niks is ooit weer dieselfde nie.In 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniel verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad. In 'n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets so overstaanbaar, so onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis? Anderkant die water is die uitbeelding van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar. Niks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tog hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is 'n huldeblyk aan hulle seun, 'n verwerking van hulle hartseer, 'n rekord van 'n ma se rou, en die storie van 'n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.

Book details

Author
Dr. Ronel du Plessis
Format
Paperback
Pages
272
Language
Afrikaans
Publisher
Penguin Random House South Africa
Published
1 October 2026
ISBN
9781779860347