Skip to main content

Die Alchemis

by Paulo Coelho

Paperback168 pages2017

Die Alchemis

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.

About this book

“Om dit waarvoor jy bestem is te verwesenlik, is ’n mens se enigste verpligting.” Uit Die alchemis Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wêreldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister. “Hierdie roman se boeiende verhaal en die stralende elegansie waarmee dit vertel word, is gefundeer in die ewige wysheid oor hoe om jou hart te volg.” Booklist

Book details

Author
Paulo Coelho
Format
Paperback
Pages
168
Language
afr
Publisher
Protea Boekhuis
Published
1 September 2017
ISBN
9781485306856