Skip to main content

Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva

by Sophia Kapp

Kindle Edition476 pages2016

Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.

About this book

"Dit is Simoné se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit 'n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is 'n bedenklike verlede, 'n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan 'n loopbaan, 'n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo."--Page [4] of book cover.

Book details

Author
Sophia Kapp
Format
Kindle Edition
Pages
476
Language
afr
Publisher
Lapa
Published
2016
ISBN
9780799378009