Donker spoor
by Martin Steyn
Kindle Edition384 pages2014

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.
About this book
Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word waneer 'n kind vermoor word. Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oe kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom le ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het. Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurdende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheld oopvlek.
Book details
- Author
- Martin Steyn
- Format
- Kindle Edition
- Pages
- 384
- Language
- afr
- Publisher
- LAPA Uitgewers
- Published
- 2014
- ISBN
- 9780799369656
