Skip to main content

Koorsdie memoires van Nicolaas Storm, oor die ondersoek na die moord op sy pa

by Deon Meyer

579 pages2016

Koors: die memoires van Nicolaas Storm, oor die ondersoek na die moord op sy pa

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.

About this book

"Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur 'n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes - én mensebendes - swerf Nico en sy pa, op soek na 'n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof - nou Amanzi - met 'n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op 'n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop - kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is 'n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby."--Publisher's description.

Book details

Author
Deon Meyer
Pages
579
Language
afr
Publisher
Human & Rosseau
Published
2016
ISBN
9780798173858