Skip to main content

Het van Verlangekraal

by Leon Van Nierop

Paperback350 pages2024

Ask our assistant which nearby branch has it — instant answer.

About this book

"Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy was een van baie siele wat onder Floors Heiberg se verroeste bywonersdak gewoon het. Vanuit die uiterste omstandighede het sy steeds daarin geslaag om op akademiese en sportgebied te presteer. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen 'n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan. Hierdie herbesoek aan die geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het. Hiermee dan ook Het se storie teen die agtergrond van 'n tyd toe Suid-Afrika 'n republiek sou word en groot veranderings sou plaasvind. En hoe 'n versiende onderwyser, 'n sadistiese skoolhoof en 'n seun in 'n spesiale skool haar net meer vasbeslote gemaak het om die leer na sukses te klim."--Back cover.

Book details

Author
Leon Van Nierop
Format
Paperback
Pages
350
Language
afr
Publisher
Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers
Published
2024
ISBN
9780624095538