Hannes Barnard is die jongste van drie broers en die seun van ’n dominee. Tussen 2002 en 2012 is hy woonagtig in Engeland, waar hy meestal as projekbestuurder vir ’n konstruksiemaatskappy werk.
Ná dit het hy vir twee jaar in die Seychelle gewerk. Hy en sy vrou keer terug na Suid-Afrika in 2017, waar hy nou voltyds fokus op sy skryfwerk. Halley se komeet is sy debuutroman.
Boeke is te koop in alle Bargain Books-winkels. Wolk is R220 en Halley se Komeet is R320.
Lees die Engelse vertaling hieronder
1. Kan u ons vertel hoe u met die idee vir Wolk vorendag gekom het?
Ek is nie seker hoekom nie, maar eendag het ek die idee van die apokalips bepeins (hierdie was ’n paar jaar gelede, lank voor Covid-19). Toe kom die gedagte by my op: Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Uit hierdie idee het die konsep vir Wolk gespruit. Van daar af het ek gespeel met die idee van twee tieners wat op een laaste avontuur saamgaan en in die proses die apokalips misloop.
2. Is daar ‘n gewone draad wat deur Halley se Komeet en Wolk loop, en wat sou u sê is die primêre verskil tussen die twee?
Die goue draad wat die twee verbind is die ouderdom van die protagoniste en daarmee saam die fase van hulle lewens waarin hulle hulself bevind. Hulle is op die vooraand van volwassenheid en probeer verstaan waaroor die wêreld gaan en wat hulle rolle daarin is. Verhoudinge en spesifiek, vriendskappe, vorm ’n belangrike deel in beide boeke. In Halley se komeet is daar die naasmekaarplasing van ou, bestaande verhoudings (die bekende) en nuwe verhoudings (die uiters onbekende). In Wolk is die twee protagoniste beste vriende maar ’n “apokaliptiese” verandering in omstandighede lei tot nuwe vrae en uitdagings vir hulle vriendskap.
Daar is verskeie verskille tussen die twee boeke. Halley se komeet speel af in 1986, tydens ’n uiters wispelturige tyd in ons land se geskiedenis. Die protagonis, Pete de Lange, word in baie opsigte beskerm teen die nare realiteite van die tyd omdat hy op die platteland (Dannhauser) grootword. Dit neem ’n traumatiese insident om sy oë oop te maak en sy ietwat naïewe wêreldsiening uit te daag. Dit is ’n grootwordroman wat gesien kan word as oorgangsfiksie: In hierdie geval is dit volwasse fiksie wat toeganklik is vir jong volwassenes (16+).
In my opinie is Wolk ook oorgangsfiksie, maar omgekeer, tiener/jong volwasse fiksie (15+) toeganklik vir volwasse lesers. Wolk speel af in die hede (of baie nabye toekoms) en volg nie die politiese pad wat Halley se komeet volg nie. Hier gaan dit meer oor twee beste vriende wat op een laaste avontuur gaan voor omstandighede hulle van mekaar skei.
Mens kan sê dat Wolk ’n “ligter” aanslag het en dat daar meer humor in is. Halley se komeet het ’n ernstiger aanslag (alhoewel daar steeds heelwat humor in is!) en ondersoek ’n wyer reeks temas.
3. Wat is die uitdagendste aspek van die kommunikasie van tienerkarakters?
Ek geniet dit om tiener karakters te skryf. Dit is so ’n kleurryke, ondersoekende deel van ons lewens met soveel fasette, dat dit vrugbare grond is vir interessante, veeldimensionele karakters wat moontlik lewensveranderende uitdagings moet trotseer. Die uitdagendste aspek is om ’n geloofwaardige stem te hê. Die karakters moet “eg” wees. Ek het al gesien hoe party jong volwasse-fiksie skrywers so hard probeer om jonk en hip te klink dat hulle die teenoorgestelde uitwerking het. Die beste is maar net om dit so natuurlik as moontlik te hou, dit nie te forseer nie, en die karakters toelaat om te praat – nie die skrywer nie. Ek is in die bevoorregte posisie dat ek in beide Suid-Afrika en Engeland met tieners gewerk het en gesprekke gehad en die geleentheid gehad het om te luister na hulle stories, vrese en drome. Ek dink dit help my onmeetbaar baie in my poging om te sorg dat die stemme “eg” en geloofwaardig bly.
4. Met wie is u meer gelyk, Rufus of Xandr? Hoeveel van u eie vroeër jare het u boeke opgeneem?
Tussen die twee, waarskynlik Xandr. Ek wens ek was so onverskrokke soos Rufus; sy is ’n karakter waarvoor ek baie respek het. My kinderdae en tienerjare het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van beide Halley se komeet en Wolk. Ek was ’n baie nuuskierige en polities bewuste kind, van voor ek 10-jaar oud was. Dit het natuurlik baie gehelp wat die skryf van Halley se komeet aanbetref, veral met die oorgang terug na 1986, om histories korrek te wees.
Wolk verken die nuanses van platoniese vriendskap, die grys areas (as mens jou aan die samelewing se norme steur) waar mans en vrouens of ouens en meisies vriende is. Ek het my lewe lank wonderlike vriendinne en hierdie vraag oor platoniese vriendskappe is een waaroor menige debatte al gevoer is tydens verskillende fases van my lewe. Ek het ook al soveel uiteenlopende opinies daaroor gehoor dat ek gedink het dit sal pret wees as lekker karakters soos Rufus en Xandr dit verder verken.
5. Wolk het grootliks te make met die vele “eerstes” wat deur Rufus en Xandr gedeel word. Kan u ons ‘n bietjie meer daarvan vertel?
Dis belangrik om Rufus en Xandr se konteks te verstaan. Hulle het saam grootgeword en hulle ouers is vriende. Hulle is hulle hele lewe lank beste vriende en ewe oud (beide Desember babas, twee dae uit mekaar uit). Omdat hulle ewe oud is en beste vriende, het hulle elke mylpaal tot op daardie oomblik gedeel: Van verjaarsdae, nuwe liedjies, die supermaan wat op die horison opkom, alles. So nou dat hulle pas 17 geword het gaan hierdie versameling gedeelde eerstes skielik beëindig word deur Rufus se pa se plan om met sy gesin te emigreer.
Hierdie dreigende skeiding is tot ’n mate die eerste ware, of groot toets van hulle verhouding. Die gedagte aan al die eerstes wat hulle nie meer gaan deel nie word ’n swaar las en daarom stel Rufus hierdie laaste avontuur voor, een laaste eerste om te deel. Die grote. Maar dit op sigself kom met ’n groot risiko, dit kan die hele dinamika van hulle vriendskap vir altyd verander.
6. Is daar iets wat gereeld in YA-fiksie voorkom dat u nie kan verdra nie?
Soos ek vroeër genoem het is daar soms skrywers wat net eenvoudig te hard probeer om cool en jonk te klink. In hul poging om soos ’n 16, 17, of 18-jarige te klink slaag hulle eintlik net daarin om die karakters onderontwikkeld te laat, wat beteken dat ons as lesers nie eintlik die karakters leer ken nie, en daarom ook minder omgee vir hulle.
7. Het u ‘n spesifieke ritueel?
Die belangrikste ding vir my is om gereeld te skryf. Momentum is alles. As ek te lank weg is daarvan verloor ek voeling met die karakters en storie. My enigste “ritueel” is eintlik net om stil te word en dankbaar te wees vir die voorreg wat dit is om te skryf. Om iets te doen waarvoor jy werklik lief is, is ’n seëning. Daarna begin ek skryf en hanteer dit soos enige ander werk. Ek poog om amper elke dag te skryf en my mikpunt is 2 500 per dag – maar dit is natuurlik nie altyd moontlik nie. Party dae doen ek baie navorsing en ander gaan net oor skryf. So ek sou sê dit is minder van ’n ritueel en meer net ’n kwessie van om gereeld te skryf.
8. Is daar probleme of temas wat in Wolk opduik wat u graag wil ondersoek?
Ja, daar is verskeie aspekte van Wolk waaroor ek meer te wete sal wil kom – dinge wat vra dat ek dieper delf. Ek wil nie iets weg gee nie so kom ons sê maar net dat ek graag meer wil leer oor Rufus en Xandr en watter rigting hulle vriendskap gaan inneem, en natuurlik wil ek graag meer leer oor swart-en-oranje wolke. Daar is ’n paar temas wat ek in Wolk aanraak wat baie interessant is en wat moontlik verdere ondersoek noop. Ek vra om verskoning dat ek hierdie vraag soos ’n politikus antwoord, maar ek is baie versigtig (dalk te versigtig) om nie te veel weg te gee nie.
9. Was daar besondere emosies of herinneringe wat by u opgedaag het toe u Wolk geskryf het?
Ek is mal oor toer, veral ’n lekker road trip. Die idee van Rufus en Xandr wat op hierdie avontuur gaan het my laat terugdink aan my eie toere en road trips. ’n Spesifieke gedagte wat by my opgekom het was uit my tienerjare, toe ek en my vriend sy pa se motor “geleen” het terwyl sy ouers geslaap het. Terwyl mens skryf word mens so vasgevang in jou karakters dat jy alles voel wat hulle voel: Die vrees, blydskap en onsekerheid. Dis moeilik om spesifieke emosies uit te lig omdat daar so baie is, maar moontlik die onsekerheid wat kom saam met die wonder of jy ’n risiko moet neem, is die een wat die meeste tot my gespreek het.
10. Wie is jou gunsteling skrywers en waarom?
Ek is al baie daardie vraag gevra en ek is nie seker of ek dit al ooit bevredigend geantwoord het nie. Uit ’n skryfperspektief is die beste boek (nie-fiksie) wat ek gelees het Stephen King se On Writing. Ek sal dit aanbeveel vir enigiemand wat daarin belangstel om te skryf of wat in skryfkuns belangstel.
Ek geniet ’n verskeidenheid fiksie genres en lees beide Afrikaanse- en Engelse boeke. As ek wil afskakel lees ek graag misdaadfiksie soos die van David Baldacci en Jo Nesbo. Natuurlik is ons bederf deur uitstaande Afrikaanse misdaadskrywers te hê, party baie gevestig en dan ook ander nuwe stemme wat gehoor moet word soos Johan Jack Smith. Ek geniet ook jong volwasse of jeugfiksie, spesifiek geniet ek die style van o.a. John Green en Zelda Bezuidenhout. Ek lees seker nie genoeg literêre fiksie nie, maar geniet wel boeke soos To kill a mockingbird (Harper Lee) of Op ’n Eiland (Karel Schoeman) en ook The Book Thief (Markus Zusak) – alhoewel mens seker kan debatteer of laasgenoemde streng as literêre fiksie gesien kan word. Ek geniet ook baie van (nie almal nie) Paulo Coelho se boeke. Maar as ek moet kies sou ek sê dat die belangrikste fiksie boek wat ek al gelees het E. Packard se Jou kodenaam is Jona, is. Dit was die eerste boek waarop ek versot geraak het as kind.
11. Wat gaan u volgende skryf?
Ek het ’n misdaadroman geskryf wat ek tans herskryf. Daar wag nog baie werk aan hom voor ek dit aan ’n uitgewer stuur. Ek gaan baie binnekort begin werk aan ’n nuwe jeugroman, ek het navorsing gedoen en nou brand ek om weg te spring.
12. Wat hoop u dat u lesers van Wolk wegneem?
Vir my is die heel belangrikste dat die lesers dit moet geniet. Ek wil hê hulle moet weggevoer word en pret hê op hierdie avontuur saam met Rufus en Xandr. Hopelik bied Wolk ’n bietjie ontvlugting van hierdie vreemde tye waarin ons op die oomblik is. As dit iemand aan eerstes laat dink, of aan kanse vat, vriendskappe en keuses, sal dit wonderlik wees, maar my primêre wens is dat die lesers (maak nie saak hoe oud hulle mag wees nie) die boek sal klaarmaak en sê: “Nou dít was lekker!”
Hannes Barnard is the youngest of three brothers and the son of a pastor. Between 2002 and 2012 he lived in England, where he mostly worked as a project manager for a construction company. After that, he worked in the Seychelles for two years. He and his wife return to South Africa in 2017, where he now focuses full-time on his writing. Halley’s comet is his debut novel.
1. Can you tell us how you came up with the idea for Wolk?
I am not quite sure why, but one day I was contemplating the idea of the apocalypse (this was a couple of years back, long before Covid-19). Then a thought occurred to me: What if you missed the apocalypse? This idea spawned the concept for Wolk. From there, I toyed with the idea of two teenagers going on one last adventure together and missing the apocalypse in the process.
2. Is there a common thread that runs through Halley se Komeet and Wolk, and what would you say is the primary difference between the two?
The common thread is the age of the protagonists and the phase of life they are in. They are on the cusp of adulthood, trying to figure out what the world is all about and what their roles are in it. Relationships and in particular, friendships, form a significant part of the story in both books. In Halley se komeet there is the juxtaposition between old existing relationships (the familiar) and new relationships (the very unfamiliar). In Wolk, the two protagonists are best friends when an “apocalyptic” change in circumstances leads to previously unasked questions and new challenges to their friendship.
There are several differences between these two books. Halley se komeet is set in 1986, during turbulent political times in South Africa’s history. The protagonist, Pete de Lange, has to a large extent been sheltered from the brutal realities of life because of where he grew up (a small town in KZN, Dannhauser), and it takes a traumatic event to challenge his naive and somewhat myopic perspective. It is a coming-of-age story that could be considered crossover fiction. In this case adult fiction accessible to young adults (16+).
I would say Wolk is also crossover fiction, but flipped around, as it is teenage/YA fiction (15+) accessible for adult readers. Wolk is set in the present (or near future) and it does not follow the political path of Halley se komeet. In Wolk, the focus is more on two best friends embarking on one final adventure before they are separated by circumstances.
One could say that Wolk has a “lighter” approach and employs more humour, whereas Halley se komeet takes a more serious approach (although there is a fair bit of humour in it!) and explores a wider range of themes.
3. What is the most challenging aspect of communicating teenaged characters?
I enjoy writing teenaged characters. It is such a multifaceted, colourful, and explorative period in our lives that it lends itself to rich and interesting characters facing potentially life-altering challenges. The most challenging aspect is to have an authentic voice. The characters need to be “real”. I have found that in some YA books some authors try so hard to sound young and hip that they achieve the opposite effect. It is best to keep it natural, not to force it, and let the characters speak – not the author. I am fortunate that in both South Africa and UK I worked with teenagers for many years and had the privilege to hear their stories. I believe this has helped me immeasurably in trying to keep the voices authentic.
4. To whom are you more similar, Rufus or Xandr? How much of your own earlier years has gone into your books?
Between the two, probably Xandr. I wish I were as brave as Rufus; she is a character I have great respect for. My childhood and teenage years played a pivotal role in the development of both Halley se komeet and Wolk. I was a curious and politically aware kid from an early age, from before I turned 10. This awareness made my work on Halley se komeet and the transition back to 1986 (to be historically correct) much easier. Wolk explores the nuances of platonic friendship, the grey areas (according to societal norms) where men and women or boys and girls are friends. I have always had the most amazing female friends, and this question is one that has been debated at various stages in my life. I have heard many varying opinions about this matter, so it was fun to explore it further with great characters like Rufus and Xandr.
5. Wolk largely concerns the many “firsts” that are shared by Rufus and Xandr. Can you tell us a little more about that?
It is important to understand their context, that of Rufus and Xandr. They grew up together, and their parents are friends. They have been best friends their whole lives. They are the same age, born two days apart in December. Therefore, being the same age and best friends, they have shared every life milestone up to this point: Whether it be milestone birthdays, new songs, the supermoon rising on the horizon, all of it. Having just turned 17, this collection of shared firsts is about to be abruptly ended, as Rufus’ dad has decided that they are waving South Africa goodbye and emigrating.
To a large degree, their imminent separation is the first significant challenge their friendship has faced. The thought of all the firsts they will not be sharing weighs heavily on them and as such Rufus proposes one final adventure together, one last first to be shared. The big one. But this comes with a risk: it could change the whole dynamic of their friendship forever.
6. Is there anything that appears regularly in YA fiction that you can’t stand?
As I alluded to earlier in the Q&A, there are occasionally authors who try too hard to sound cool or “young”. In their attempt to sound like a 16, 17 or 18-year-old they are actually giving us less substance, meaning we, the readers, learn less, and therefore also, care less about the character/s.
7. Do you have a particular writing ritual?
For me, the key is to write regularly. Momentum is everything. If I break too long from writing, I lose touch with the characters and the story. My only actual writing “ritual” is to start by being mindful and thankful of what a privilege it is to write. To do something you love is a blessing. Then I start writing, and I treat it like I would any other job. I aim to write most days and set myself the target of 2500 words per day, but this is not always possible. Some days are more research-based, others are all about writing. So, it is less ritual and more just writing regularly.
8. Are there any issues or themes that crop up in Wolk that you’d be keen on further exploring?
Yes, I am very keen on delving deeper into several things that cropped up in Wolk. I do not want to give too much away, so let us just say I want to learn more about Rufus and Xandr and where their friendship is heading, and of course, I want to learn more about black-and-orange clouds. There are a few themes that I touch on briefly that are very interesting to me and might warrant further exploration. I apologise for answering this question like a politician, but I am careful (perhaps overly so) not to give too much away!
9. Were there any particular emotions or memories that came up for you when you were writing Wolk?
I am a big fan of road trips. The idea of these two setting off on an adventure does conjure up many memories of my road trips. A memory from my teenage years that came up was how we used to “borrow” my friend’s dad’s car when his parents were asleep. In terms of emotions, when you become engrossed in your characters, you feel everything they feel: The fear, the joy, the uncertainty. It is difficult to pinpoint exact emotions because there were so many, but perhaps the uncertainty surrounding the question of whether to take a risk is one that resonated most with me.
10. Who are your favourite authors and why?
I get asked this question a lot, and I am not sure if I have ever been able to give a satisfactory answer. From a writing perspective, the best book I have read (non-fiction) about the art of writing is Stephen King’s: On Writing. I would recommend it to anyone interested in writing or curious about the craft.
I enjoy a wide variety of fiction genres and read both Afrikaans- and English books. My go-to for escapism is crime fiction like David Baldacci or Jo Nesbo. Of course, we have fantastic crime fiction writers in Afrikaans too, some very established and other very fresh new voices like Johan Jack Smith. I also really enjoy YA, particularly the likes of John Green and in Afrikaans Zelda Bezuidenhout. I probably don’t read enough literary fiction, but, I do enjoy books like To kill a mockingbird (Harper Lee) or Op ’n Eiland (Karel Schoeman) and The Book Thief (Markus Zusak) – although one could argue whether that one counts as literary fiction. I also really like a lot (not all) of Paulo Coelho’s books. In the end, I must probably say the most important work of fiction I have read is E. Packard’s: Jou kodenaam is Jona. That was the first book I truly fell in love with as a kid.
11. What will you be writing next?
I wrote a crime novel which I am busy re-writing. There is a lot of work left to get it ready for submission. I am about to start work on a new YA book, I have done a bit of research, and now I am just itching to get pen on paper.
12. What do you hope your readers will take away from Wolk?
First and foremost, I want them to enjoy it. I want them to have fun on this adventure with Rufus and Xandr. I hope this can provide some escapism from the strange times we find ourselves in. If it makes someone think about “firsts”, taking chances, friendships, and choices, then that would be great, but my primary hope is that readers (of whatever age they might be) would finish the book and say: “Wow, that was fun!”
Thank you very much for your time.